<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs-, verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 21

Grootboekinskrywings

Afdeling 2: Grootboekrekeninge

AKTIWITEIT 1:

Om grootboekinskrywings te doen

[LU 3.3]

’n Rekening is ’n afsonderlike rekord waarin alle transaksies wat op ’n bepaalde item betrekking het, opgeteken word.

Dit het die vorm van ’n T en bestaan uit drie dele, naamlik:

  • die titel van die item waarop die transaksies betrekking het, byvoorbeeld bankrekening;
  • die linkerkant, genoem die debietkant; en
  • die regterkant, genoem die kredietkant.
  • Byvoorbeeld:

Om ’n rekening te debiteer beteken om die inskrywing aan die debietkant te maak. Om ’n rekening te krediteer beteken om die inskrywing aan die kredietkant te maak.

Elke transaksie raak ten minste twee rekeninge. Die een rekening word gedebiteer en die ander rekening gekrediteer. Dit staan bekend as die dubbelinskrywingstelsel . In die grootboekrekening se besonderhede-kolom kom die naam van die ander rekening wat by die transaksie betrokke is, byvoorbeeld :

Dit beteken kontantverkope ter waarde van R1 000 is aangegaan. Die twee rekeninge is dus bank en verkope. Die dubbelinskrywing sal soos volg lyk:

Die volgende reëls moet in aanmerking geneem word by inskrywings in grootboekrekeninge:

  • Wanneer ’n bate vermeerder, word die baterekening gedebiteer
  • Wanneer ’n bate verminder, word die baterekening gekrediteer
  • Wanneer ’n las vermeerder, word die lasterekening gekrediteer
  • Wanneer ’n las verminder, word die lasterekening gedebiteer
  • Wanneer kapitaal vermeerder, word die kapitaalrekening gekrediteer
  • Wanneer kapitaal verminder, word die kapitaalrekening gedebiteer
  • Wanneer inkomste vermeerder, word die inkomsterekening gekrediteer
  • Wanneer inkomste verminder, word die inkomsterekening gedebiteer
  • Wanneer uitgawe vermeerder, word die uitgawe rekening gedebiteer
  • Rekeninge wat aan die kredietkant vermeerder se beginsaldo is aan die kredietkant
  • Rekeninge wat aan die debietkant vermeerder se beginsaldo is aan die debietkant

OPDRAG 1:

  • Bepaal die effek van Grootboekrekeninge op B = E + L deur die transaksies op die tabel te ontleed:

1. Eienaar deponeer van sy persoonlike fondse in die onderneming se bankrekening as kapitaal

2. Koop toerusting en betaal per tjek

3. Koop ’n voertuig op skuld

4. Ontvang kontant vir lewering van dienste

5. Betaal salarisse per tjek

6. Betaal die verskuldigde bedrag aan krediteure

7. Ontvang geld vanaf debiteure

Tabel vir opdrag 1

ALGEMENE GROOTBOEK
NR. REKENING DEBITEER REKENING KREDITEER B E L

OPDAG 2:

  • Beantwoord onderstaande vrae volgens die kolomme in die tabel:
Lopende Inkomste Verbruiksgoedere Brandstof
Onttrekkings Wisselgeld Salarisse
Water en Elektrisiteit Grond en Geboue Debiteurekontrole
Huurinkomste Advertensies Toerusting
Telefoon Koste van Vpe. Materiaalkoste
Handelsvoorraad Handelslisensie Skryfbehoeftes
Verpakkingsmateriaal Lone Herstelwerk
Verkope Bank Huuruitgawe
Voertuie Krediteurekontrole Kapitaal

(a) Rangskik die rekeninge in die kolomme in die tabel.

(b) Dui deur middel van +, - of 0 langs die rekening aan of ’n vermeerdering daarvan die eienaarsbelang sal vermeerder, verminder of onveranderd laat.

(c) Dui deur middel van dt. of kt. langs die rekening aan of die rekening ’n debiet of krediet beginsaldo sal hê.

Tabel vir opdrag 2

OPDRAG 3:

  • Doen die volgende debiet- en kredietinskrywings op die grootboekblad hieronder:

1 Die eienaar belê R12 000 in die onderneming as kapitaal

2 ’n Voertuig word op krediet aangekoop van TP Motors

3 Koop brandstof en betaal per tjek

4 Ontvang kontant vir dienste gelewer

5 Betaal salarisse per tjek

6 Lewer goedere op krediet aan J. van Schalkwyk

7 Betaal huuruitgawe aan A en B Verhuurders per tjek

8 Die eienaar neem kontant vir eie gebruik

9 Koop materiaal aan op krediet van AB Voorsieners

10 Koop toerusting aan van Model Voorsieners en betaal per tjek

11 Ontvang die verskuldigde bedrag van J. van Schalkwyk

12 Betaal ’n gedeelte van die skuld aan TP Motors

13 Verkoop goedere vir kontant

Tabel vir opdrag 3

ALGEMENE GROOTBOEK
NR. REKENING DEBITEER REKENING KREDITEER B E L
1
2
3
4
5
6a
6b
7
8
9
10
11
12
13a
13b

Assessering

LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 ‘n basiese inkomstestaat en balansstaat vir ‘n diensverskaffings- en kleinhandelbesigheid opstel;
3.2 verskillende sakeondernemings se strategieë en optrede ondersoek ten opsigte van openbare betrekkinge, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsverantwoordelikheid;
3.3 kontant- en krediettransaksies in die boeke van diens- en kleinhandelondernemings doen;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om sakedokumente te ontwikkel, te bewaar, te herwin en te redigeer;
3.5 finansiële state ontleed vir besluitneming op ‘n basiese vlak;
3.6 tussen verskeie vorms van kredietaankope en metodes van betaling kan onderskei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

OPDRAG 1

AKTIWITEIT 1

OPDRAG 2

AKTIWITEIT1

OPDRAG 3

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask