<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 7

Stelsels en beheer: water

Module 9

Ontwerp ‘n waterwiel

ONDERSOEK

Probleemsituasie

Jy moet ‘n hoeveelheid drukspykers oor ‘n afstand van 60 cm oplig. Jou kragbron is 4 ℓ water wat 1,5 m bo die rotor verskaf word in ‘n 3 mm plastiekpyp.

Ontwerpbeperkings

Die materiaal wat jy mag gebruik, is enige van die volgende:

Vir die rotor:

  • ‘n kurkprop of
  • twee kartonsirkels met 20 cm deursnee of
  • ‘n leë garingtolletjie

Vir die as:

  • twee tandestokkies of
  • ‘n breinaald of
  • ‘n 15 cm spyker of
  • ‘n lang ronde potlood of
  • ‘n sosatiestokkie

Vir die lemme:

  • twee eierdosies waarvan die bakkies uitgeknip word of
  • dik karton of
  • ‘n leë 2 ℓ plastiek koeldrankbottel waaruit die lemme geknip word of
  • ‘n plastiek margarienbakkie waaruit die lemme geknip word of
  • plastiek teelepels of
  • plastiek roomysskeppers
  • Voorbeelde van waterwiele:

Vir die staander:

  • ‘n liniaal met draad wat aan die as aan weerskante vasgemaak word of
  • ‘n stuk hout met tou wat aan die as vasgemaak word of
  • ‘n leë 2 ℓ plastiekbottel waarvan die bodem afgesny is of
  • ‘n groot plastiek sapbottel of
  • ‘n 2 ℓ melkbottel

Om die waterbron te verskaf:

  • ‘n beker wat in ℓ afgemerk is
  • ‘n 1,5 m lange 3 mm in deursnee plastiekbuis aan ‘n tregter vasgemaak

Om die water op te vang: ‘n groot plat plastiekkom/ bak

Om die drukspykers op te lig (die hystoestel):

  • dun tou of
  • wol
  • ‘n plastiek of platoppervlakbakkie vir die drukspykers
  • ‘n ogie

Ander gereedskap:

  • ‘n skêr
  • wondergom
  • klei
  • kleeflint
  • ‘n mes
  • gom
  • waterdigte verf en vernis
  • ‘n verfkwas
  • ‘n krammasjien
  • ‘n potlood
  • ‘n liniaal
  • ‘n stilus
  • ‘n gradeboog (vir plasing van lemme)

Opdrag 1:

Om ‘n situasie te analiseer

LU/AS 1.5

Kom ons analiseer /ontleed die situasie en skryf ‘n ontwerpvoorstel neer. (‘n Ontwerpvoorstel is ‘n kort stelling wat ‘n moontlike oplossing omskryf.)

Voltooi die volgende:

Ek gaan ‘n ontwerp en maak wat ‘n hoeveelheid

oor ‘n afstand van ± cm vertikaal kan oplig deur van die gepaste materiaal

en gereedskap wat genoem word, gebruik te maak.

Ontwerp

Opdrag 2:

Om navorsing te doen oor hystoestelle en turbines

LU/AS 1.4

Doen navorsing oor hystoestelle (katrolle) en turbines (waterwiele) en teken of plak prente van bestaande of antieke masjiene. Verduidelik ook kortliks hoe hulle gewerk het. (Vind bv. uit omtrent die Egiptiese sjadoef of die waterwiele van Archimedes)

Watter naslaanbronne het jy geraadpleeg?

Opdrag 3:

Om navorsing te doen

LU/AS 1.2

Soms kan jy ‘n probleem dadelik oplos deur van jou reeds verworwe kennis en verbeelding gebruik te maak. Om egter die beste moontlike oplossing te verkry, benodig jy nuwe kennis en inligting wat jy slegs deur navorsing kan opdoen. Raadpleeg ‘n verskeidenheid naslaanbronne en teken met byskrifte in die spasie hieronder moontlike oplossings vir jou probleem.

Opdrag 4:

LU/AS 1.7

Daar is sekere ontwerpbeperkings wat jy in ag moet neem, aangesien jy slegs sekere materiale en gereedskap mag gebruik. Dit is dus nodig dat jy spesifikasies moet skryf, want daar moet spesifieke besonderhede omtrent jou ontwerp wees waaraan voldoen moet word.

Jy moet moontlike oplossings vir die probleem oorweeg deur al jou idees op papier te teken. Oorweeg verskillende ontwerpe. Deur jou idees te kombineer met die navorsing wat jy gedoen het, behoort jy ‘n goeie oplossing te vind.

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
what is biology
daniel Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask