<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Opdrag 3:

LU/AS 1.10

Gebruik die skets as ‘n templaat en plak die bladsy op karton. Trek die vier vinne af op dikker, stewiger karton. Knip dit netjies uit. Vou die stippellyn om en plak die vinne onder om die bottel mooi ewe ver uit mekaar.

Opdrag 4:

LU/AS 1.10

Let wel:

Weet jy hoe om hierdie skets van ‘n vin op skaal/in verhouding te vergroot na ‘n vin van ± 20 cm?

  • Trek vierkante bo-oor die skets – vier in die breedte en agt in die lengte.
  • In hierdie geval is elke vierkantjie 5 mm by 5 mm.
  • Trek vierkante van 30 mm by 30 mm op ‘n A4-vel papier – vier in die breedte en agt in die lengte.
  • Trek dan die patroon op die groter blokke oor.
  • Nou het jy ‘n vin van ± 20 cm.

Opdrag 5:

Besluit watter tipe rompvin die geskikste is en maak ‘n duidelike vryhandskets van jul keuse

LU/AS 1.8

Opdrag 6:

Maak ‘n finale tekening (korrekte grootte en met besonderhede) van ‘n rompvin op ‘n vel papier, wat jul as templaat kan gebruik om op die dik karton of ander geskikte materiaal na te trek.

LU/AS 1.14

Opdrag 7:

Maak die romp van die vuurpyl deur die volgende instruksies te volg.

LU/AS 1.14

Instruksies

Knip een 2 ℓ bottel by die tweede lyn net onder die plakker middeldeur (Skets 1). Die deel wat die prop op het, gaan die boonste puntgedeelte van jou vuurpyl vorm. Die heel bottel met die opening ondertoe gedraai, vorm die onderste gedeelte van jou vuurpyl. Jy wil ‘n gewig in die boonste deel van jou vuurpyl hê.

Waarom?

  • Die vuurpyl is nie gebalanseer as die enjin in die onderste gedeelte is nie. Dit is die swaarste deel. Jy moet ‘n swaartepunt vind, sodat die massas weerskante eweredig versprei kan word.
  • Daarom is dit nodig om iets swaars in die boonste gedeelte van jou vuurpyl te plaas sodat die vuurpyl meer stabiel kan wees.
  • As die brandstof bykom, is die vuurpyl se onderkant nog swaarder.
  • As ‘n vuurpyl stabiel is, hou dit aan om vertikaal opwaarts te vlieg, sonder om om te tuimel en rigting te verloor.
  • Plaas dus ‘n paar groterige rivierklippies in ‘n banksakkie en plak dit stewig vas op die bodem aan die buitekant van die heel bottel wat onderstebo gehou word
  • Plaas nou die boonste deel van die deurgeknipte bottel bo-op en plak dit stewig aan die heel bottel met maskeerband/sterk breë kleeflint vas.

Opdrag 8:

Teken ‘n bo-aansig van die plasing van die vinne. Gebruik ‘n gradeboog en sakrekenaar vir die korrekte spasiëring.

LU/AS 1.14

Plak nou die vinne vas soos beplan. Nadat die vuurpyl voorlopig voltooi is, is dit nou nodig om die swaartepunt en drukmiddelpunt van jou vuurpyl te vind.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek :1.3 ondersoek uitvoer deur middel van eenvoudige praktiese toetse met betrekking tot aspekte van die tegnologiese kennisvelde (Strukture, Verwerking, Stelsels en Beheer);
Ontwerp :1.7 minstens twee alternatiewe oplossings genereer en die idees annoteer;
1.8 moontlike oplossings kies, sinvolle redes vir keuse gee en ‘n gekose idee deur middel van grafika of modelleringstegnieke ontwikkel;
Maak :1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies en gebruik om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask