<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Oplossing van kwadratiese ongelykhede - graad 11

Inleiding

Nou dat jy weet hoe om kwadratiese vergelykings op te los, is jy gereed om te leer hoe om kwadratiese ongelykhede op te los.

Kwadratiese ongelykhede

'n Kwadratiese ongelykheid is ongelykheid van die vorm

a x 2 + b x + c > 0 a x 2 + b x + c 0 a x 2 + b x + c < 0 a x 2 + b x + c 0

Om 'n kwadratiese ongelykheid op te los is dieselfde as om uit te werk watter dele van die grafiek bo of onder die x -as is.

Los die ongelykheid 4 x 2 - 4 x + 1 0 op en interpreteer die oplossing grafies.

  1. Laat f ( x ) = 4 x 2 - 4 x + 1 . Faktorisering van die funksie lewer f ( x ) = ( 2 x - 1 ) 2 .

  2. ( 2 x - 1 ) 2 0
  3. f ( x ) = 0 slegs as x = 1 2 .

  4. Dit beteken dat die grafiek van f ( x ) = 4 x 2 - 4 x + 1 die x -as raak by x = 1 2 , maar daar is geen areas waar die grafiek onder die x -as is nie.

Vind al die oplossings van die ongelykheid x 2 - 5 x + 6 0 .

  1. Die faktore van x 2 - 5 x + 6 is ( x - 3 ) ( x - 2 ) .

  2. x 2 - 5 x + 6 0 ( x - 3 ) ( x - 2 ) 0
  3. Ons moet bepaal watter waardes van x die ongelykheid bevredig. Vanaf die faktorisering is daar vyf areas om na te kyk.

  4. Laat f ( x ) = x 2 - 5 x + 6 . Kies 'n punt in elkeen van areas en evalueer die funksie.

    f ( x ) teken van f ( x )
    Area A x < 2 f ( 1 ) = 2 +
    Area B x = 2 f ( 2 ) = 0 +
    Area C 2 < x < 3 f ( 2 , 5 ) = - 2 , 5 -
    Area D x = 3 f ( 3 ) = 0 +
    Area E x > 3 f ( 4 ) = 2 +

    Ons kan sien dat die funksie positief is vir x 2 en x 3 .

  5. Ons sien dat x 2 - 5 x + 6 0 waar is vir x 2 en x 3 .

Los die kwadratiese ongelykheid - x 2 - 3 x + 5 > 0 op.

  1. Laat f ( x ) = - x 2 - 3 x + 5 . f ( x ) kan nie deur inspeksie gefaktoriseer word nie, dus gebruik ons die formule vir kwadratiese vergelykings. Die x -afsnitte is die oplossings van die kwadratiese funksie.

    - x 2 - 3 x + 5 = 0 x 2 + 3 x - 5 = 0 x = - 3 ± ( 3 ) 2 - 4 ( 1 ) ( - 5 ) 2 ( 1 ) = - 3 ± 29 2 x 1 = - 3 - 29 2 x 2 = - 3 + 29 2
  2. Ons moet bepaal watter waardes van x die ongelykheid bevredig. Vanaf die antwoorde het ons vyf areas om te ondersoek.

  3. Daar is nog 'n manier om die teken van die funksie te bepaal in verskillende areas: deur 'n rowwe skets van die grafiek van die funksie te maak. Ons weet dat die wortels van die funksie ooreenstem met die x -afsnitte van die grafiek. Laat g ( x ) = - x 2 - 3 x + 5 . Ons kan sien dat die die funksie 'n parabool is met 'n maksimum draaipunt en wat die x -as by x 1 en x 2 sny.

    Dit is duidelik dat g ( x ) > 0 vir x 1 < x < x 2

  4. - x 2 - 3 x + 5 > 0 vir x 1 < x < x 2

Wanneer die veranderlike van die ongelykheid in die noemer eerder as die teller is, is 'n ander benadering nodig.

Los op: 2 x + 3 1 x - 3

  1. 2 x + 3 - 1 x - 3 0
  2. 2 ( x - 3 ) - ( x + 3 ) ( x + 3 ) ( x - 3 ) 0 x - 9 ( x + 3 ) ( x - 3 ) 0
  3. Ons sien dat die uitdrukking negatief is vir x < - 3 en 3 < x 9 .

  4. x < - 3 o f 3 < x 9

Hoofstuksoefeninge

Los die volgende ongelykhede op en wys jou antwoord of 'n getallelyn.

  1. Los op: x 2 - x < 12 .
  2. Los op: 3 x 2 > - x + 4
  3. Los op: y 2 < - y - 2
  4. Los op: - t 2 + 2 t > - 3
  5. Los op: s 2 - 4 s > - 6
  6. Los op: 0 7 x 2 - x + 8
  7. Los op: 0 - 4 x 2 - x
  8. Los op: 0 6 x 2
  9. Los op: 2 x 2 + x + 6 0
  10. Los op: x x - 3 < 2 en x 3 .
  11. Los op: 4 x - 3 1 .
  12. Los op: 4 ( x - 3 ) 2 < 1 .
  13. Los op: 2 x - 2 x - 3 > 3
  14. Los op: - 3 ( x - 3 ) ( x + 1 ) < 0
  15. Los op: ( 2 x - 3 ) 2 < 4
  16. Los op: 2 x 15 - x x
  17. Los op: x 2 + 3 3 x - 2 0
  18. Los op: x - 2 3 x
  19. Los op: x 2 + 3 x - 4 5 + x 4 0
  20. Bepaal alle reële oplossings: x - 2 3 - x 1

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11). OpenStax CNX. Sep 20, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11339/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 11)' conversation and receive update notifications?

Ask