<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Sakkevol geld!

Module 6

Geld

  • Ons het geld vir verskillende goed nodig. Teken agt voorbeelde van produkte waarvoor Mamma en Pappa hulle geld moet gebruik.
  • Skryf ‘n sinnetjie om te verduidelik waar of waarvoor jy jou geld sal gebruik.

So lyk ons geld

  • Plaas regte muntstukke onder die bladsy.
  • Krap met jou potlood oor die papier
  • Kyk wat gebeur!
  • Vertel vir jou maats wat jy op jou munte sien!

Ek is die verbruiker:

  • Kyk mooi na al die prentjies. Watter van hierdie produkte of dienste word elke dag in julle huis gebruik? Kleur daardie prente in.

So verdien my gesin geld

  • Teken in elke blokkie iemand van jou gesin waar hulle besig is om geld te verdien.
  • Kleur hierdie prente netjies in.
  • Kies watter produkte jy met jou geld wil koop.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
ebwLU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOP Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 die rol van lede van die huishouding as verbruikers (bv. spaar, koop) ken;1.2 die invloed van verskillende reklamemedia op behoeftes en begeertes identifiseer;1.3 die waarde van verskillende geldeenhede wat gebruik word om goed te koop identifiseer;1.4 begin verstaan dat goedere (bv. klere, kos) en dienste (bv. elektrisiteit) ‘n prys het;1.5 maniere waarop ‘n inkomste deur werkende lede van die huishouding verdien word (bv. ouers wat werk, die verdien van sakgeld) identifiseer.

Memorandum:

Hierdie module handel oor geld en die belangrikheid daarvan. Die module kan ook aan Wiskunde gekoppel word en die leerders kan die geleentheid kry om met geld te werk. Die leerder moet aan die einde van die module die geleentheid kry om sy eie produk te ontwerp en te maak en dit dan aan die gemeenskap te verkoop. Die gedagte is om die module aan ‘n dag soos Entrepreneursdag of Markdag te koppel. Die leerders kry dan die geleentheid om hulle eie produkte te verkoop en om met geld te werk.

  • Bespreek waarom ons geld nodig het. Leerders moet verduidelik waarom ons elke dag geld nodig het. Help die leerders om te kan onderskei tussen produkte en dienste. Soms het jy geld nodig om ‘n produk te koop en ander tye benodig jy ‘n sekere diens.

Takie : Teken prente en skryf ‘n sinnetjie om daaglikse situasies waar geld hanteer word, uit te wys.

  • Verduidelik aan die leerders die begrip ‘verbruiker’. Hulle moet verstaan dat ons elkeen op een of ander manier ‘n verbruiker is. Om ‘n verbruiker te wees, vereis sekere verantwoordelikhede. Ons moenie kos mors nie en produkte moet spaarsamig gebruik word. Afvalmateriaal moet herwin word. Watter verantwoordelikheid het jy wanneer jy van die produkte en dienste gebruik maak?
  • Leerders is nou bewus van die noodsaaklikheid van geld in ons daaglikse lewe. Die vraag is: waar kry ons geld? Leerders mag dalk dink ouers kan dit maar net by die bank of kitsbank kry. Verduidelik die verantwoordelikheid wat ouers het om te werk sodat hulle ‘n salaris kan verdien. Sonder geld kan die produkte of dienste nie verkry word nie. Leerders moet verduidelik hoe hulle as ‘n gesin geld verdien, bv. hulle ouers wat werk, sakgeld wat hulle van hulle ouers ontvang, geld wat verdien word deur werkies te doen, ens.

Elke leerder ontvang ‘n sakkie/beursie met geld (kan papiergeld wees) en moet dan self besluit watter produkte hulle kan koop. Hulle mag voel dat hulle van die geld wil spaar, maar hulle mag nie oorspandeer nie.

  • Verduidelik die verskil tussen produkte wat noodsaaklik is en dit wat jy net graag wil hê. Jy het bv. kos nodig, maar nie noodwendig skoene nie. Bespreek advertensieblaaie. Vestig leerders se aandag op die manier waarop produkte aantreklik gemaak word wanneer dit geadverteer word. Leerders bring hulle eie advertensies skool toe en verduidelik hoekom hulle ‘n spesifieke produk op die bladsy graag sal wil koop.
  • Leerders kan winkel-winkel in die klas speel waar hulle geleentheid kry om mekaar se produkte (leë houers geplaas op ‘n rakkie, met ‘n pryslys) te “koop.” Groepwerk. Daar kan ook ‘n “bank” wees waar hulle geld kan gaan “trek”.

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask