<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Inleiding

In meetkunde leer ons wat die verwantskap tussen die sye en hoeke van veelhoeke is, maar nie hoe om 'n hoek te bereken as ons die lengtes van die sye weet nie. Trigonometrie handel oor die verwantskap tussen die hoeke en die sye van 'n reghoekige driehoek. Ons gaan leer oor trigonometriese funksies (driehoeksmetingfunksies), wat die grondslag van trigonometrie vorm.

Ondersoek: die geskiedenis van trigonometrie

Werk in pare of groepe en ondersoek die geskiedenis van die grondslag van trigonometrie. Beskryf die verskillende stadia van ontwikkeling en hoe die onderstaande kulture trigonometrie gebruik het om hulle lewens te verbeter.

Die werk van die volgende mense of kulture kan ondersoek word:

  1. Kulture
    1. Antieke Egiptenare
    2. Mesopotamiërs
    3. Antieke Indiërs van die Indusvallei
  2. Mense
    1. Lagadha (ongeveer 1350-1200 VC)
    2. Hipparchus (ongeveer 150 BC)
    3. Ptolemy (ongeveer 100)
    4. Aryabhata (ongeveer 499)
    5. Omar Khayyam (1048-1131)
    6. Bhaskara (ongeveer 1150)
    7. Nasir al-Din (13de eeu)
    8. al-Kashi and Ulugh Beg (14de eeu)
    9. Bartholemaeus Pitiscus (1595)

Interessante feit

Jy behoort uit meetkunde bekend te wees met die idee om hoeke te meet, maar het jy al ooit gewonder hoekom daar 360 grade in 'n sirkel is? Die rede is suiwer geskiedkundig. Daar is 360 grade in 'n sirkel omdat die antieke Babiloniërs 'n getallestelsel met grondtal (basis) 60 gehad het. 'n Grondtal is die basisgetal waarby jy nog 'n syfer byvoeg wanneer jy tel. Die getallestelsel wat ons daagliks gebruik word die desimale stelsel genoem (die grondtal is 10), maar rekenaars gebruik die binêre sisteem (die grondtal is 2). 360 = 6 x 60. Dus het dit vir hulle sin gemaak om 360 grade in 'n sirkel te hê.

Die gebruik van trigonometrie

Daar is baie toepassings van trigonometrie. Die tegniek van triangulering, wat in sterrekunde gebruik word om die afstand na nabygeleë sterre te meet, is van besondere waarde in geografie om die afstand tussen landmerke te meet. Satellietnavigasiestelsels soos GPS (globale posisionering stelsel) sou nie moontlik gewees het sonder trigonometrie nie. Ander velde wat gebruik maak van trigonometrie sluit in sterrekunde (en by implikasie navigasie op die oseane, in vliegtuie en in die ruimte), musiek teorie, akoestiek, optika, ontleding van finansiële markte, elektronika, waarskynlikheidsteorie, statistiek, biologie, mediese beeldvorming (CAT-skanderings en ultraklank), farmakologie, chemie, getalleteorie (en dus kriptologie), seismologie, meteorologie, oseanografie, verskeie fisiese wetenskappe, landmeting en geodesie, argitektuur, fonetiek, ekonomie, elektriese ingenieurswese, meganiese ingenieurswese, siviele ingenieurswese, rekenaargrafika, kartografie, kristallografie en spelontwikkeling.

Bespreking: gebruike van trigonometrie

Kies een van die gebruike van trigonometrie uit die gegewe lys en skryf 'n 1-bladsy verslag wat beskryf hoe trigonometrie in jou gekose veld gebruik word.

Gelykvormigheid van driehoeke

As A B C gelykvormig is aan D E F skryf ons dit as volg:

A B C ||| D E F

Dan is dit moontlik om die verhoudings tussen ooreenstemmende sye van die twee driehoeke af te lei:

A B B C = D E E F A B A C = D E D F A C B C = D F E F A B D E = B C E F = A C D F

Die belangrikste feit omtrent gelykvormige driehoeke A B C and D E F is dat die hoek by punt A geyk is aan die hoek by punt D, die hoek by B is gelyk aan die hoek by E, en die hoek by C is gelyk aan die hoek by F.

A = D B = E C = F

Ondersoek: verhoudings tussen gelykvormige driehoeke

In jou oefeningboek, teken drie gelykvormiige driehoeke van verskillende groottes, maar elkeen met A^=30°;Bˆ=90° and Cˆ=60°. Meet die hoeke en lengtes van die driehoeke baie akkuraat om die tabel hieronder te voltooi (rond antwoorde af tot een desimale plek).

Verdeling van die lengtes van sye (Verhoudings)
A B B C = A B A C = C B A C =
A ' B ' B ' C ' = A ' B ' A ' C ' = C ' B ' A ' C ' =
A ' ' B ' ' B ' ' C ' ' = A ' ' B ' ' A ' ' C ' ' = C ' ' B ' ' A ' ' C ' ' =

Watter waarnemings kan jy oor die verhoudings van die sye maak?

Hierdie gelyke verhoudings word gebruik om die trigonometriese funksies te definieer.

Let wel: In algebra gebruik ons dikwels die letter x vir die onbekende veranderlike (alhoewel ons enige ander letter kan gebruik, soos a , b , k , ens). In trigonometrie gebruik ons dikwels die Griekse simbool θ vir 'n onbekende hoek (ons kan ook α , β , γ etc gebruik).

Questions & Answers

how to create a software using Android phone
Wiseman Reply
how
basra
what is the difference between C and C++.
Yan Reply
what is software
Sami Reply
software is a instructions like programs
Shambhu
what is the difference between C and C++.
Yan
yes, how?
Hayder
what is software engineering
Ahmad
software engineering is a the branch of computer science deals with the design,development, testing and maintenance of software applications.
Hayder
who is best bw software engineering and cyber security
Ahmad
Both software engineering and cybersecurity offer exciting career prospects, but your choice ultimately depends on your interests and skills. If you enjoy problem-solving, programming, and designing software syste
Hayder
what's software processes
Ntege Reply
I haven't started reading yet. by device (hardware) or for improving design Lol? Here. Requirement, Design, Implementation, Verification, Maintenance.
Vernon
I can give you a more valid answer by 5:00 By the way gm.
Vernon
it is all about designing,developing, testing, implementing and maintaining of software systems.
Ehenew
hello assalamualaikum
Sami
My name M Sami I m 2nd year student
Sami
what is the specific IDE for flutter programs?
Mwami Reply
jegudgdtgd my Name my Name is M and I have been talking about iey my papa john's university of washington post I tagged I will be in
Mwaqas Reply
yes
usman
how disign photo
atul Reply
hlo
Navya
hi
Michael
yes
Subhan
Show the necessary steps with description in resource monitoring process (CPU,memory,disk and network)
samuel Reply
What is software engineering
Tafadzwa Reply
Software engineering is a branch of computer science directed to writing programs to develop Softwares that can drive or enable the functionality of some hardwares like phone , automobile and others
kelvin
if any requirement engineer is gathering requirements from client and after getting he/she Analyze them this process is called
Alqa Reply
The following text is encoded in base 64. Ik5ldmVyIHRydXN0IGEgY29tcHV0ZXIgeW91IGNhbid0IHRocm93IG91dCBhIHdpbmRvdyIgLSBTdGV2ZSBXb3puaWFr Decode it, and paste the decoded text here
Julian Reply
what to do you mean
Vincent
hello
ALI
how are you ?
ALI
What is the command to list the contents of a directory in Unix and Unix-like operating systems
George Reply
how can i make my own software free of cost
Faizan Reply
like how
usman
hi
Hayder
The name of the author of our software engineering book is Ian Sommerville.
Doha Reply
what is software
Sampson Reply
the set of intruction given to the computer to perform a task
Noor
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask