<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Oplos van kwadratiese vergelykings

'n Kwadratiese vergelyking, is 'n vergelyking waar die mag van die veranderlike hoogstens 2 is. Die volgende is voorbeelde van kwadratiese vergelykings.

2 x 2 + 2 x = 1 2 - x 3 x + 1 = 2 x 4 3 x - 6 = 7 x 2 + 2

Kwadratiese vergelykings verskil van lineêre vergelykings daarin dat 'n lineêre vergelyking slegs een oplossing het, terwyl ‘n kwadratiese vergelyking hoogstens 2 oplossings het. Daar is spesiale gevalle waar 'n kwadratiese vergelyking slegs een oplossing het.

Om 'n kwadratiese vergelyking op te los, herskryf ons dit met 'n 0 aan die een kant van die gelykaanteken en die produk van twee lineêre uitdrukkings, in hakies, aan die anderkant. Ons weet byvoorbeeld dat:

( x + 1 ) ( 2 x - 3 ) = 2 x 2 - x - 3

Om op te los:

2 x 2 - x - 3 = 0

moet ons in staat wees om 2 x 2 - x - 3 te herskryf as ( x + 1 ) ( 2 x - 3 ) , en ons weet reeds hoe om dit te doen.

Ondersoek: faktorisering van 'n kwadratiese uitdrukking

Faktoriseer die volgende kwadratiese uitdrukkings:

  1. x + x 2
  2. x 2 + 1 + 2 x
  3. x 2 - 4 x + 5
  4. 16 x 2 - 9
  5. 4 x 2 + 4 x + 1

As jy 'n kwadratiese uitdrukking kan faktoriseer, is jy een stap weg daarvan om 'n kwadratiese vergelyking op te los. Byvoorbeeld, x 2 - 3 x + 2 = 0 kan geskryf word as ( x - 1 ) ( x - 2 ) = 0 . Dit beteken dat x - 1 = 0 of x - 2 = 0 , wat x = 1 en x = 2 gee as die 2 oplossings van die kwadratiese vergelyking x 2 - 3 x + 2 = 0 .

Metode: oplos van kwadratiese vergelykings

  1. Deel heel eerste die hele vergelyking deur enige gemene faktore van die koëffisiënte, ten einde 'n vergelyking te kry van die vorm a x 2 + b x + c = 0 waar a , b en c geen gemeenskaplike faktore het nie. Byvoorbeeld, 2 x 2 + 4 x + 2 = 0 kan geskryf word as x 2 + 2 x + 1 = 0 deur te deel met 2.
  2. Skryf a x 2 + b x + c in terme van sy faktore ( r x + s ) ( u x + v ) . Dit beteken ( r x + s ) ( u x + v ) = 0 .
  3. Wanneer ons die vergelyking geskryf het in die vorm ( r x + s ) ( u x + v ) = 0 , volg dit dat die oplossing sal wees x = - s r of x = - v u .
  4. Vervang elke moontlike waarde van die oplossing in die oorspronklike vergelyking in om te toets of dit 'n geldige oplossing is.

Oplossing (wortels) van kwadratiese vergelykings

'n Kwadratiese vergelyking het 2 wortels omdat enige een van die 2 waardes die vergelyking kan bevredig.

Khan akademie video oor vergelykings - 3

Los op vir x : 3 x 2 + 2 x - 1 = 0 .

  1. Ons het gesien die faktore van 3 x 2 + 2 x - 1 is ( x + 1 ) and ( 3 x - 1 ) .

  2. ( x + 1 ) ( 3 x - 1 ) = 0
  3. Ons het

    x + 1 = 0

    of

    3 x - 1 = 0

    Dus, x = - 1 of x = 1 3 .

  4. As ons die antwoorde instel in die oorspronklike vergelyking in, vind ons die vergelyking is waar vir beide antwoorde.
  5. 3 x 2 + 2 x - 1 = 0 vir x = - 1 of x = 1 3 .

Dit mag gebeur dat die vergelyking met die eerste oogopslag nie soos 'n kwadratiese vergelyking lyk nie, maar deur 'n paar bewerkings in een verander kan word. Onthou dat dieselfde bewerking aan elke kant gedoen moet word om die vergelyking geldig (waar) te hou.

Dit mag nodig wees om een of meer van die volgende te doen:

  • Byvoorbeeld,
    a x + b = c x x ( a x + b ) = x ( c x ) a x 2 + b x = c
  • Dit beteken om beide kante te verhef tot die mag - 1 . Byvoorbeeld,
    1 a x 2 + b x = c ( 1 a x 2 + b x ) - 1 = ( c ) - 1 a x 2 + b x 1 = 1 c a x 2 + b x = 1 c
  • Dit beteken om weerskante te verhef tot die mag 2. Byvoorbeeld,
    a x 2 + b x = c ( a x 2 + b x ) 2 = c 2 a x 2 + b x = c 2

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask