<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Materiale Gereedskap Aksie

Opdrag 4b:

Om ‘n lys van veiligheidsmaatreëls te maak

LU/AS 1.11

Maak ‘n lys van verskillende veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom by die gebruik van ‘n spesifieke stuk gereedskap terwyl jy jou kissie maak.

Voorbeeld: Dra ‘n skêr met die skerp kant na onder.

ONTWERP

Opdrag 5:

Om ‘n deksel vir jou kissie te maak

LU/AS 1.7
LU/AS 1.8

Ontwerp en teken verskillende soorte deksels vir jou kissie. Maak ‘n finale keuse deur ‘n regmerkie by daardie skets te maak. Skryf ook goeie redes vir jou keuse neer. Teken dan jou keuse in ‘n toe posisie en in isometries.

VERVAARDIGING

Opdrag 6:

Om ‘n die binnekant van jou kissie met karton te versterk

LU/AS 1.10

Neem karton en meet die vyf binnekante uit. Knip dit uit en plak dit aan die binnekant van die kissie vas om dit te versterk. Is al die binnekante ewe groot? Verduidelik.

ONDERSOEK/NAVORSING

Opdrag 7:

Om ‘n verklarende woordeboek te gebruik

LU/AS 1.4

Gebruik ‘n verklarende woordeboek en slaan die betekenis van die woord SKARNIER daarin na en skryf dit neer.

Opdrag 8:

LU/AS 1.4

Kyk in jou onmiddellike omgewing en teken sketse van verskillende soorte skarniere. Skryf onder elke skets waar jy elke soort skarnier gesien het.

ONTWERP

Verskillende maniere om die deksel deur middel van ‘n skarnier vas te heg.

Opdrag 9:

Om ‘n deksel vas te heg

LU/AS 1.5

Teken prentjies of plak voorbeelde van prente met byskrifte hoe om die deksel aan die kissie vas te heg met ‘n skarnier. Maak ‘n merkie by jou finale keuse.

ONTWERP

Versterk die buitekant van jou kissie met hout.

Opdrag 10:

Om jou kissie te versterk

LU/AS 1.10

Neem die 40 roomysstokkies en beplan hoe jy dit aan die buitekant van jou kissie gaan vaslym. Die hele buitekant van die kissie, asook die deksel moet met stokkies bedek wees. Jy mag minder as 40 stokkies gebruik en die stokkies mag gesaag word. Slegs die onderkant/bodem mag nie met stokkies bedek wees nie.

VERVAARDIGING

Opdrag 11:

LU/AS 1.10

Heg die deksel sowel as die roomysstokkies aan die kissie. Werk netjies en spaarsamig met die gom. Sny die stokkies korter met ‘n mat-/utiliteitsmes/saag en veiligheidsliniaal op ‘n gepaste oppervlakte. Wees versigtig dat jy nie jouself raak sny nie. Sny die stokkies deur een kant te keep, dit dan om te draai, weer te keep en dit versigtig af te knak. Skuur die rande glad met sandpapier voordat jy hulle vasgom op die buitekant. As jy ‘n klomp stokkies dieselfde lengte wil sny, kan jy hulle eers met maskeerband teen mekaar vasplak en daarna korter sny.

NAVORSING/ONDERSOEK

Opdrag 12:

LU/AS 1.8

Teken of plak prente van verskillende vasmaakmeganismes. Verskaf ook byskrifte.

Opdrag 13:

Om jou kissie te versier

LU/AS 1.10

Versier die buitekant van jou kissie deur dit te verf/ te spuitverf/ te stensil, ens. en te vernis. Laat dit na elke stap deeglik droog word. Versier dit daarna op enige manier van jou keuse. Voorsien die sluitmeganisme en plak ook die kledingstof aan die binnekant van jou kissie.

Watter eienskap verkry die hout deur dit te vernis?

Onderstreep: waterbestand / brandbestand / termiese isolasie

Questions & Answers

what's cornea?
Majak Reply
what are cell
Achol
Explain the following terms . (1) Abiotic factors in an ecosystem
Nomai Reply
Abiotic factors are non living components of ecosystem.These include physical and chemical elements like temperature,light,water,soil,air quality and oxygen etc
Qasim
what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
ok
Achol
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is respiration
Deborah
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11031/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask