<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Entrepreneurskap

Module 14

Eienaarskap van ’n besigheid

Aktiwiteit 1:

Om die vorme van eienaarskap van ‘n besigheid te bespreek

[lu 4.3]

Wanneer jy beplan om ‘n besigheid te begin, moet jy besluit aan wie die besigheid gaan behoort.

Daar is hoofsaaklik vier opsies: jy as individu kan die eienaar wees, of jy kan ‘n beslote korporasie stig, of jy kan ‘n maatskappy stig, of jy kan ‘n konsessie opneem.

Opsie 1: Jy aanvaar eienaarskap as individu

Jy kan die besigheid in jou persoonlike hoedanigheid besit. Dit beteken dat jy as persoon

  • belas word op enige winste van die besigheid (maksimum 40%), en
  • aanspreeklik gehou word vir skuld wat deur die besigheid gemaak word (wat beteken dat jy jou besittings kan verloor indien die besigheid die skuld nie kan vereffen en uiteindelik nie oorleef nie).

Jy kan ook ander mense nooi om mede-eienaars te word, maar dit is gevaarlik omdat daar maklik misverstande of spanning in die bestuur van die besigheid kan ontstaan.

Opsie 2: Jy stig ‘n beslote korporasie

In hierdie geval word jy lid van die korporasie en word jou eie bates beskerm. Jou aanspreeklikheid vir enige skulde van die korporasie oorskry nie die hoeveelheid kapitaal wat jy bygedra het nie. Verder is die belasting vasgestel op 30%, wat heelwat minder is as in die geval van ‘n individu. Jy kan ook ander mense toelaat as lede, wat beteken dat jy geldelike steun bykry en ook nie heeltemal alleen staan nie. Aangesien ‘n beslote korporasie in terme van ‘n bepaalde wet funksioneer, word die belange van al die lede beskerm. Die boeke van die BK moet deur ‘n geoktrooieerde rekenmeester gedoen word. Daar kan 1 – 10 lede wees.

Die naam van ‘n beslote korporasie eindig altyd met BK, bv. Laserdienste BK .

Opsie 3: Jy stig ‘n private maatskappy

‘n Maatskappy word in terme van ‘n bepaalde wet bestuur en daar moet aan ‘n hele reeks vereistes voldoen word wat nie vir ‘n beslote korporasie geld nie. Daar moet ‘n direksie wees en die name van die direksielede moet aan die Publieke Registrateur van Maatskappye beskikbaar gestel word. Volledig geouditeerde jaarstate moet ook jaarliks ingedien word. Verder is daar voorskrifte vir die hou van algemene vergaderings. Al hierdie vereistes maak die stig en bestuur van ‘n maatskappy duur.

Die naam van ‘n privaat maatskappy eindig met (Edms.) Bpk.

Opsie 4: Jy neem ‘n konsessie op (franchise)

‘n Konsessie hou baie voordele vir die individu in. Hy kry ‘n eie besigheid, maar geniet die steun van die groep en deel in voordele soos die aankoop van voorrade teen laer pryse, resepte wat reeds getoets is soos in die geval van ‘n restaurant, ens.

Bekende name soos SPAR en 7-Eleven is voorbeelde van konsessies.

Vraag:

Watter opsie sal jy vir jou besigheid (Aktiwiteite 1.2 en 2.1) kies? Verduidelik die redes vir jou keuse.

Ten Slotte:

Hoe sal jy voel as jou naam eendag op die volgende manier in die koerante verskyn?

BRON

BLOEMFONTEIN SPOG MET TWEE IT-MILJOENÊRS

Gert Coetzee

Nog ‘n Boemfonteiner het ‘n groot slag met inligtingstegnologie geslaan. Dié keer is dit mnr. Brian Lackey (54), ‘n joviale sakeman met ‘n uithang-hemp wat ‘n rekenaarprogram vir tienmiljoene rande aan ‘n buitelandse maatskappy verkoop het.

Lackey se sukses volg op mnr. Igmé Hatting (27), ‘n Bloemfonteinse rekenaarprogrammeerder, wat sy program vir die toegangsbeheer en toestelbedryf in stadions vir “iewers tussen R106 miljoen en R700 miljoen” aan ‘n buitelandse maatskappy verkoop het.

Lackey het bevestig sy 4D-groep het die gebruiksreg vir ‘n gekombineerde program vir die mikroleningsbedryf en kredietlewensversekering aan die Australiese afdeling van ‘n internasionale maatskappy met sy hoofkantoor in Amerika verkoop.

Dié maatskappy mag die program wêreldwyd gebruik behalwe in Suid-Afrika. Lackey het die Suid-Afrikaanse regte uitgehou omdat hy baie kliënte hier het en die sake-moontlikhede in die land “onbeperk” is.

Weens die sensitiwiteit van die transaksie kan hy nie die naam van die buitelandse koper en die koopsom bekend maak nie.

Sake Burger het betroubaar vasgestel die koopsom is “nagenoeg R400 miljoen”.

Volgens Lackey is die transaksie reeds beklink, hangende ‘n voorwaarde dat die program “webvriendelik” gemaak word.

‘n Span werknemers werk reeds maande 12 tot 15 ure per dag hieraan. Betaling geskied in Amerikaanse dollar sodra die program aangepas is.

Lackey, ‘n gebore Walvisbaaier, was tot die jare tagtig die Vrystaatse bestuurder van ‘n kosmaatskappy. Hierna het hy vir homself begin werk.

In 1993 het hy ‘n mikroleningsonderneming aangepak. Hy het ‘n vriend gevra om ‘n program vir leningsadministrasie te skryf sodat hy die besonderhede van sy 900 kliënte kon behartig.

Dié program is aan ander mikroleners in onder meer Kaapstad verhuur.

“Toe ons ons oë uitvee, word ons met oproepe oorval. Dit was ‘n maklike besluit om die mikrolenings vir programmatuur-ontwikkeling vaarwel te roep.”

Die 4D-groep met onder meer die maatskappye Proloan Bemarking en 4D Insurance Solutions , met 30 werkers in kantore in Bloemfontein, Centurion en Kaapstad het toe tot stand gekom.

Lackey skryf nie self programme nie, maar “dink” dit uit. Sy werknemers behartig die skryfwerk.

Lackey het die goeie nuus eers vir sy werknemers stil gehou. Nadat dit uitgelek het, het hy hulle hieroor ingelig “sodat hulle dit nie in die koerant lees nie”. Elke werknemer gaan ‘n bonus kry.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 4
VaardighedeDie leerder is in staat om entrepreneurs-kennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
4.1 deur ‘n SWOT-analise moontlike besigheidsidees kan genereer om in die behoefte aan vervaardigde goedere en dienste te voorsien;
4.2 ‘n sakeplan ontwikkel (wat ‘n begroting insluit) vir ‘n vervaardigings-, diens- of toerismebedryf gebaseer op die beste sakegeleentheid uit die voorgestelde idees;
4.3 betrokke raak by die sake-aktiwiteit wat beplan is en bespreek die redes vir die keuse van ‘n spesifieke vorm van eienaarskap;
4.4 ‘n bemarkingsveldtog uitvoer as promosie vir ‘n produk en bespreek die reklamemedia wat ingespan word;
4.5 navorsing doen oor die rol van klein, medium en mikro-ondernemings in die proses van welvaart- en werkskepping.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask