<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Storietyd

Module 3

Wolf wolf

Watter rigting moet Rooi Kappie loop?

Stories, stories en nog meer stories!

Baie van die bekende tradisionele verhale is eintlik vir kinders vertel om vir hulle ‘n spesiale lessie te leer. Jou opvoeder sal vir jou die storie van Rooikappie vertel. Kyk of jy kan sien watter les daar in hierdie storie is. Voltooi dan hierdie werkvel. Knip die prentjies uit en plak hulle in die regte blokkies op die volgende bladsy. Jou opvoeder sal jou help

Rooikappie wil graag vir haar ouma ‘n gesonde toebroodjie neem.

Kom ons maak ‘n toebroodjie!

Ons gaan in die klas ’n interessante toebroodjie van gesonde kos maak. Kan julle ‘n gesiggie uitpak? Wat sal julle nodig hê? Omkring alles wat julle vir die toebroodjie gaan gebruik. (Voeg nog prentjies by, indien nodig!)

So lyk my toebroodjie!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU 1
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 gevare onderweg skool toe en gepaste voorsorgmaatreëls kan identifiseer.
LU 2
SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede toon, asook sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.4 prente uit stories met ‘n morele waarde uit ‘n verskeidenheid van Suid-Afrikaanse kulture, asook uit eie kultuur, kan orden.
GESKIEDENISLU 3
HISTORIESE INTERPRETASIEDie leerder kan aspekte van geskiedenis interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 kan reageer op stories oor die verlede (luister na stories en kommentaar lewer).
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 ( drama ) – deur drama reageer op stimuli in stories en speletjies, insluitende die opmaak van ‘n slot vir stories wat deur die opvoeder aangebied word;
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 ( ontwerp ) – gepaste materiaal of stowwe kies om ‘n eenvoudige produk te maak om ‘n gegewe behoefte te bevredig;1.4 ( evalueer ) – eie gevoelens oor die gemaakte produk uitdruk en verduidelik.

Memorandum:

In hierdie module sal leerders met stories uit verskillende kultuuragtergronde kennis maak. Tydens die aanbieding van hierdie module moet leerders aangemoedig word om soveel stories as moontlik skool toe te bring. Die opvoeder moet probeer om ’n groot aantal hiervan aan die klas voor te lees. Die res moet uitgestal word sodat die leerders dit kan “lees” en deurblaai.

Dit sal dit duidelik word watter leerders tuis nie veel blootstelling aan stories geniet nie, en dus moontlik nie so positief teenoor boeke en stories voel nie.

Die kinderverhale moenie altyd slegs gelees word nie, maar soms ook aan die klas vertel word. Dit is ‘n baie goeie idee om ‘n spesiale kledingstuk vir storietyd gereed te hê, soos ‘n storiehoed of storiemantel, wat die opvoeder kan aantrek om te wys wanneer dit storietyd is.

Vertel vir die leerders die storie van Rooikappie. Stel dan die volgende vrae:

  • Wat het Rooikappie verkeerd gedoen?

(Sy het nie na haar ma geluister nie; sy het nie langs die bekende paadjie geloop nie, maar alleen na ‘n vreemde plek gegaan; sy het na ‘n vreemde persoon geluister.)

  • Waarom moet jy nooit alleen na vreemde plekke toe gaan nie?
  • Wat moet jy doen as ‘n vreemde persoon jou vra om saam met hom of haar na ‘n vreemde plek toe te gaan sonder dat jou ouers daarvan weet?

Ná die bespreking help die opvoeder die leerders met die werkvel wat volg. Bespreek die prentjies en vra die leerders om dit uit te knip en in die “nee”-blokkie te plak (dinge wat nie veilig is nie) of in die “ja”-blokkie (dinge wat wel veilig is om te doen). Leerders kleur die prentjies in.

Wolf, Wolf hoe laat is dit?

Een leerder word gekies om die wolf te wees en die ander staan langs mekaar in ‘n ry agter Wolf. Hulle loop dan op die skoolgrond agter Wolf aan. Die kinders vra saam: “Wolf, Wolf, hoe laat is dit?”, en hy antwoord elke keer deur ‘n tyd te noem (bv. eenuur, vyfuur, ens.). Maar as Wolf sê: “Etenstyd!”, moet die leerders almal weghardloop, terwyl Wolf hulle probeer vang. Daarna word iemand anders weer gekies om Wolf te speel.

Laat die leerders in ‘n groot kring sit. As die klas baie groot is, kan hierdie aktiwiteit twee keer in kleiner groepe uitgevoer word. Die opvoeder begin ‘n storie met ‘n sin (bv. “Eendag was daar ‘n groot padda. Hy het stokalleen in ‘n baie groot dam gewoon”.) Die opvoeder gooi ‘n bal vir een van die leerders om te vang. Hierdie leerder moet dan die storie verder vertel. (K + K 1.4) Die opvoeder kan die storie op koerantpapier neerskryf en verskillende groepe vra om verskillende illustrasies te teken. Hou die boek in die klaskamer vir die leerders om te lees of deur te blaai.

Gee vir die leerders ‘n groot vel papier. Wys vir hulle hoe om dit in ses dele te vou. Die leerder moet nou sy/haar eie strokiesprent teken. Hulle kan dit ook met ‘n maat uitruil sodat ander ook die geleentheid kry om dit te lees.

Questions & Answers

A golfer on a fairway is 70 m away from the green, which sits below the level of the fairway by 20 m. If the golfer hits the ball at an angle of 40° with an initial speed of 20 m/s, how close to the green does she come?
Aislinn Reply
cm
tijani
what is titration
John Reply
what is physics
Siyaka Reply
A mouse of mass 200 g falls 100 m down a vertical mine shaft and lands at the bottom with a speed of 8.0 m/s. During its fall, how much work is done on the mouse by air resistance
Jude Reply
Can you compute that for me. Ty
Jude
what is the dimension formula of energy?
David Reply
what is viscosity?
David
what is inorganic
emma Reply
what is chemistry
Youesf Reply
what is inorganic
emma
Chemistry is a branch of science that deals with the study of matter,it composition,it structure and the changes it undergoes
Adjei
please, I'm a physics student and I need help in physics
Adjanou
chemistry could also be understood like the sexual attraction/repulsion of the male and female elements. the reaction varies depending on the energy differences of each given gender. + masculine -female.
Pedro
A ball is thrown straight up.it passes a 2.0m high window 7.50 m off the ground on it path up and takes 1.30 s to go past the window.what was the ball initial velocity
Krampah Reply
2. A sled plus passenger with total mass 50 kg is pulled 20 m across the snow (0.20) at constant velocity by a force directed 25° above the horizontal. Calculate (a) the work of the applied force, (b) the work of friction, and (c) the total work.
Sahid Reply
you have been hired as an espert witness in a court case involving an automobile accident. the accident involved car A of mass 1500kg which crashed into stationary car B of mass 1100kg. the driver of car A applied his brakes 15 m before he skidded and crashed into car B. after the collision, car A s
Samuel Reply
can someone explain to me, an ignorant high school student, why the trend of the graph doesn't follow the fact that the higher frequency a sound wave is, the more power it is, hence, making me think the phons output would follow this general trend?
Joseph Reply
Nevermind i just realied that the graph is the phons output for a person with normal hearing and not just the phons output of the sound waves power, I should read the entire thing next time
Joseph
Follow up question, does anyone know where I can find a graph that accuretly depicts the actual relative "power" output of sound over its frequency instead of just humans hearing
Joseph
"Generation of electrical energy from sound energy | IEEE Conference Publication | IEEE Xplore" ***ieeexplore.ieee.org/document/7150687?reload=true
Ryan
what's motion
Maurice Reply
what are the types of wave
Maurice
answer
Magreth
progressive wave
Magreth
hello friend how are you
Muhammad Reply
fine, how about you?
Mohammed
hi
Mujahid
A string is 3.00 m long with a mass of 5.00 g. The string is held taut with a tension of 500.00 N applied to the string. A pulse is sent down the string. How long does it take the pulse to travel the 3.00 m of the string?
yasuo Reply
Who can show me the full solution in this problem?
Reofrir Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask