<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Memorandum

GEBRUIK JOU LIGGAAM;

Hierdie module handel oor liggaamsbeweging en die wyse waarop leerders hul liggaam ervaar terwyl hulle aan verskillende speletjies en aktiwiteite deelneem. Die leerders sal dus aan ‘n hele aantal speletjies deelneem. Hierdie speletjies kan óf binnenshuis óf buite gespeel word.

Neem die klas buite toe vir drie verskillende aktiwiteite. Hulle moet verkieslik hiervoor sportklere skool toe bring.

Aktiwiteit 1: Verdeel die klas in twee groepe. Vir een groep moet daar twee bakens op die veld wees. Die hele groep staan agter die eerste baken. Wanneer die fluitjie geblaas word, moet die eerste leerder in elke groep na die eerste baken hardloop en terug huppel. Wanneer hulle weer die eerste baken bereik, raak hulle die eerste persoon in die groep aan en dan moet hy of sy dieselfde doen. Die groep wat eerste klaarmaak (m.a.w. al die deelnemers het heen en terug beweeg), is die wenner.

Aktiwiteit 2: (Stoeledans). Pak stoele, hoepels of enige ander merkers uit. (U kan selfs koerante gebruik). Daar moet een minder as die aantal leerders in die klas wees (as daar bv. 30 leerders is, moet daar 29 merkers wees). Die opvoeder speel musiek.

Wanneer sy die musiek laat ophou, moet die leerders hardloop om by ‘n merker uit te kom. Die leerder wat nie daarin slaag nie, is uit. Elke keer word een merker verwyder en in elke rondte val een leerder uit. Die een wat laaste agterbly, is die wenner.

Aktiwiteit 3: Vir hierdie aktiwiteit sal elke leerder in die klas ‘n springtou nodig hê. (Probeer om self soveel moontlik in die hande te kry as die skool nie springtoue in voorraad het nie). Die leerders moet eers probeer om met die tou te spring. Later kan hulle ook springtou spring, of ‘n springtou-resies hou. (Dit sal dalk vir u nodig wees om hierdie aktiwiteit later met hulle te herhaal sodat hulle dit weer kan oefen. Dit kan ook in groepe gedoen word as daar nie genoeg springtoue is nie).

Hou ‘n bespreking in die klas oor hoe belangrik dit is om jou liggaam goed te versorg. U kan ‘n spreker nooi om bv. mondhigiëne te bespreek. Die belangrikheid van gereelde oefening, persoonlike higiëne, gesonde eetgewoontes, ens., moet beklemtoon word.

BALSPELE:

Neem die leerders buite toe vir ‘n spesiale balspeletjie. Die klas moet in twee groepe verdeel word. As die groepe te groot is, moet die area waarop hulle gaan speel, vergroot word, of anders kan die groepe verder verdeel word sodat twee speletjies tegelykertyd gespeel kan word.

Elke span moet op die een of ander wyse uitgeken kan word (bv. beffies, gekleurde bande of linte sal voldoende wees). U sal ook ‘n bal benodig wat omtrent so groot soos ‘n sokkerbal is, asook twee emmers. Een leerder in die klas kan die “doelgooier” wees. Die doel van die speletjie is om die bal tot by die doelgooier te kry sodat hy of sy die bal in die emmer kan gooi en sodoende ‘n punt aanteken. Die ander span moet probeer om dit te voorkom en moet dus probeer om die bal te onderskep, sodat hulle weer op hulle beurt kan probeer om ‘n punt aan te teken. Kinders moet stilstaan wanneer hulle die bal ontvang en mag nie beweeg totdat hulle die bal weer uitgegee het nie.

Ná hierdie aktiwiteit sal die kinders die verskillende reëls wat ‘n mens moet gehoorsaam wanneer jy aan sport deelneem, bespreek. Leerders wat aan georganiseerde sport deelneem, kan ‘n bydrae lewer deur die reëls van daardie spesifieke sportsoort op te noem. Bespreek wat sal gebeur as ‘n mens die reëls sou verontagsaam.

Bespreek ook veilige plekke waar ‘n mens kan speel. Die leerders moet in groepe werk om ‘n bietjie te dink oor plekke waar ‘n mens nie speletjies moet speel nie, bv. nie in die huis / nie naby ‘n venster nie/ nie in ‘n verlate omgewing nie/ nie naby ‘n pad nie. Hulle moet hulle antwoorde in drie blokke teken.

Meer aktiwiteite

Aktiwiteit 1:

Vir die volgende aktiwiteit moet die leerders ‘n hinderniswedren vir hulle maats voorberei. Neem die leerders buite toe en verdeel hulle in groepe van 4-6 leerders. Elke groep kry ‘n hoepel, twee stoele, twee bakens en ‘n bal. Hulle moet self besluit hoe hulle dit gaan gebruik om ‘n hindernisbaan voor te berei. Hulle kan hierdie artikels gebruik soos hulle verkies. Leerders kan deur ‘n hoepel klim, om ‘n stoel hardloop, oor ‘n stoel klim, en die bal na ‘n maat aangee, of enige ander volgorde volg.

Sodra hulle dit opgestel het, moet een leerder in elke groep aan die ander spanlede demonstreer hoe die wedren werk. Elke groep kry dan ‘n beurt om al die ander hinderniswedrenne te voltooi. (Laat omtrent 5 minute toe vir elke aktiwiteit. Begin en eindig elke wedren deur die fluitjie te blaas). Elke leerder in elke groep kry ‘n kans om die

wedren te voltooi en dan gee hy / sy aan die volgende leerder die teken om te begin.

Aktiwiteit 2:

Neem die leerders buite toe. Daar moet ‘n sokkerbal en ‘n tennisbal vir elkeen wees.

Hulle begin deur in ‘n sirkel te staan met die opvoeder in die middel. Die opvoeder gooi die bal vir elke leerder, wat dit weer terug gooi. Die opvoeder maak dit dan moeiliker deur dit na willekeur (d.w.s. nie in enige bepaalde orde nie) te gooi. Tydens die laaste rondte moet die leerders eers hul hande klap voor hulle die bal mag vang.

Elke leerder vind nou ‘n plek waar hy/sy apart van die ander kan wees. Elkeen moet ‘n tennisbal hê. Hulle moet die bal 10 keer in die lug op gooi en dit vang. Dan moet hulle dit op gooi en hande klap voor hulle dit vang. Vir die laaste sessie moet hulle rondstap terwyl hulle die bal laat wip.

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask