<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Materie en stowwe

Module 50

Materie

Aktiwiteit:

Om die eienskappe van materie te ontdek en die wonder daarvan te beleef

[lu 1.1.2, 2.2.1]

Kom ons speel die speletjie:

I see with my little eye…..

en beskryf dan die ding wat jy sien deur die volgende dinge te sê:

Hoe dit voel: hard of sag, ens.

Of ‘n mens dit kan eet, drink

Of ‘n mens daarmee kan speel, ens.

As jou maats na vyf raaiskote nog nie kan raai wat dit is nie, wen jy ‘n punt. As iemand dit reg raai, kry daardie leerder ‘n punt.

Wat is materie?

Alles waaraan jy kan raak, is materie.

Materie het massa.

P robeer die volgende (1):

Tel jou liniaal op. Hoe voel dit?

Tel nou jou maat op. Hoe voel dit? Wat was die moeilikste om op te tel?

My bevinding is:

Materie beslaan ruimte.

Probeer die volgende (2):

Neem ‘n vaas met water.

Sit blomme daarin. Wat gebeur met die water?

Hoekom dink jy gebeur dit?

My bevinding is:

Neem ou tydskrifte en knip alle prentjies wat op die eerste 10 bladsye is, uit. Dit behoort lewende en nie-lewende materie in te sluit. Klassifiseer nou die prentjies wat jy uitgeknip het in lewende en nie-lewende materie. Lys eers die eienskappe wat lewende materie moet hê voordat jy begin uitknip.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die l eerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 ondersoeke beplan, bv.:

1.1.2 praat oor persoonlike ervarings en lig aspekte uit wat verband hou met wetenskap en tegnologie.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

2.2 inligting kategoriseer, bv.:

2.2.1 volg instruksies om diere in groepe van dié met twee bene, met vier bene en met meer as vier bene te sorteer.

Memorandum

Probeer die volgende (1)

  • Tel jou liniaal op. Hoe voel dit? Tel nou jou maat op. Hoe voel dit? Wat was die moeilikste om op te tel? Antwoord:
  • Die liniaal is ligter as die maat, maar albei het massa.

Probeer die volgende (2)

  • Neem ‘n vaas met water. Sit blomme daarin. Wat gebeur met die water? Hoekom dink jy gebeur dit?Antwoord:
  • Die water styg in die vaas. Die blomme en die water is materie. Altwee gebruik ruimte.

Lys eers die eienskappe wat lewende materie moet hê, voordat jy begin uitknip.

  • Beweging: dit moet kan beweeg
  • Asemhaling: dit moet asem kan haal
  • Voortplanting: dit moet kan voortplant
  • Voedsel inneem: dit moet kan eet en drink
  • Uitskeiding: dit moet ongewenste stowwe uit die liggaam kan uitskei, bv. sweet

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask