<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Die planeet aarde en die heelal

Module 43

Weerpraatjies

Aktiwiteit:

Om oor die weer te praat

[lu 1.3, 2.1]

Die een ding op aarde wat elke dag die meeste verander, is sekerlik die weer. Die weer beïnvloed waar ons wil woon, die klere wat ons dra en die aktiwiteite wat ons beplan.

Die mens is nou maar eenmaal so: ons wil altyd weet wat die weer gaan doen. Daarom hou ons die weervoorspellings op televisie en in die koerante dop en luister gereeld na die radio.

Noem gou ‘n paar redes in jou groep op waarom dit nodig mag wees om vooruit te weet wat die weer inhou.

Wat is weer nou eintlik?

Hitte en sonlig beweeg deur die aarde se atmosfeer. Die sonstrale beïnvloed die lug op vier maniere, nl. die temperatuur, humiditeit, lugdruk en die wind.

Skryf ‘n sinnetjie oor elk van bogenoemde. Kyk na die beskrywende prentjies:

Temperatuur

Humiditeit

Lugdruk

Wind

Probeer die volgende

Maak ‘n vlaggie en hang dit buite in ‘n oopte om te kyk hoe sterk die wind daardie dag waai.

Hang lepeltjies aan vislyn aan ‘n draadhanger buite op. Luister hoe die wind waai!

Assessering

Leeruitkoms 1: wetenskaplike ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

  • betekenisvolle inligting onthou.

Memorandum

  • Noem gou ‘n paar redes in jou groep op waarom dit nodig mag wees om vooruit te weet wat die weer inhou.

Moontlike redes

  • As jy uitgaan, wil jy weet of jy ‘n jas of dalk ‘n reënbaadjie moet saamneem, veral na sportwedstryde of buitelugoptredes.
  • Boere beplan hulle take volgens die weer.
  • Indien daar dalk gevaar (bv. orkaan of ‘n tornado) is, moet veiligheidsmaatreëls reeds is plek wees.
  • Ons wil sien of ons ons wasgoed maar buite kan hang!

Temperatuur: Die son verwarm die aarde. Die hitte reflekteer vanaf die wolke en vanaf die aarde om die temperatuur van die lug te bepaal.

Humiditeit: Waterdamp styg op vanaf die aarde en die see om wolke te vorm. Wanneer daar baie waterdruppels bymekaar is, val die reën na die aarde. Humiditeit is die voggehalte van die lug.

Lugdruk: Lugdruk word bepaal deur die lug wat in verskillende rigtings gedruk word.

Wind: Wind is lug wat vinnig beweeg.

Questions & Answers

what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask