<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Die ekonomiese siklus

Module 3

Ekonomiese stelsels

  • BY VOLTOOING VAN HIERDIE AFDELING SAL JY KAN VERDUIDELIK HOE VERSKILLENDE EKONOMIESE STELSELS DIE EKONOMIESE PROBLEEM AANSPREEK. (Byvoorbeeld die beplande-, markgerigte en gemengde ekonomie.)

Die kernvraagstuk wat deur die mensdom in hul alledaagse bestaan opgelos moet word, is om hul BEHOEFTES TE BEVREDIG met die SKAARS MIDDELE tot hul beskikking, met ander woorde hoe moet die skaars hulpbronne aangewend word om so veel as moontlik behoeftes te kan bevredig. In die proses moet deurlopend antwoorde gevind word op die volgende vrae:

  • WAT moet geproduseer word?
  • HOE moet daar geproduseer word?
  • VIR WIE moet daar geproduseer word?
  • Omdat verskillende lande (volke) van mekaar verskil ten opsigte van gewoontes, smake, kultuur en voorkeure, is dit onwaarskynlik dat alle volke in die aanwending van hul bronne op dieselfde wyse sal reageer, op die vrae hierbo genoem, ten einde hul behoeftes te bevredig. So byvoorbeeld is sekere volke meer geneig om hul besittings met mekaar te deel tot almal se voordeel, terwyl daar in ander volke weer diegene is wat “mag” en “rykdom” selfsugtig vir hulself wil toe-eien, ongeag wat met die res gebeur. Die wyse waarop mense in hul denke en optrede gelei word, sal bepaal hoe die antwoorde op die vrae hierbo gevind sal word. So word ‘n bepaalde EKONOMIESE STELSEL dan ontwikkel wat bepaalde antwoorde vir die verloop van die ekonomiese proses moet verskaf.

‘n EKONOMIESE STELSEL behels dus dat daar sekere instellings of reëls is wat die prosesse van produksie, verbruik en verspreiding reguleer, en dat in die verloop / ontplooiing van die proses kenmerkende eienskappe ontstaan wat die verskillende STELSELS van mekaar onderskei. Ten einde die EKONOMIESE STELSELS van mekaar te onderskei, moet daar op die volgende ONDERSKEIDENDE EIENSKAPPE antwoorde verskaf word:

  • Hoe of deur wie word die besluite geneem?
  • Wat is die aansporing of dryfkrag agter die neem van die besluite?
  • Hoe is die besitreg met betrekking tot die hulpbronne vir produksie gereël?
  • Hoe of deur wie word die aktiwiteite van die produsente en verbruikers gereël?

Op grond van bogenoemde kan die volgende TWEE ekonomiese stelsels onderskei word:

MARKGERIGTE STELSEL (KAPITALISME) BEPLANDE STELSEL (KOMMUNISME)(Verwys na bostaande)
  1. Besluite deur private indiwidue geneem.
Besluite geneem volgens sentrale plan van owerheid.
  1. ‘n Strewe na die hoogs moontlike wins. ‘
‘n Strewe na die beste belang vir die gemeenskap.
  1. Private besit van produktiewe bronne.
Gesamentlike besit van produktiewe bronne.
D.Aktiwiteite gereël deur vraag en aanbod. Aktiwiteite gereël deur sentrale beplanners.

Aktiwiteit 1

LU 1.3

KAPITALISME / KOMMUNISME

Verduidelik jou groep se mening oor die betekenis van punte A - D met betrekking tot die praktiese situasie wat deur die ekonomiese struktuur in ‘n land meegebring word.

DIENS WIE VOORSIEN / BEPLAN INSTANSIE(S)
Telekommunikasie
Vervoer
Elektrisiteit
Wapentuig
Watertoevoer
Sanitasie, riool- en vullisverwydering
  • In die KAPITALISME, wat ook as die VRYEMARKSTELSEL bekend staan, val die klem op private besit van eiendom, afhanklikheid van die werking van die markmeganisme (vraag en aanbod), sowel as die beginsel van eiebelang en die voortdurende soeke na wins. In die KOMMUNISME, wat ook as die SENTRAAL-BEPLANDE STELSEL bekend staan, val die klem op staatsbesit van produksiemiddele en die afhanklikheid van ’n sentrale plan van die owerheid. Laasgenoemde stelsel is daarop gerig dat die belange van die gemeenskap swaarder moet weeg as die belang van die indiwidu en dat produksie en verbruik eerder op gelyke verspreiding van goedere as op wins ingestel behoort te wees.
  • Op hierdie stadium moet egter gemeld word dat bogenoemde ekonomiese stelsels in hul “suiwer” vorm nêrens in die wêreld voorkom nie. Meesal word gevind dat lande hul ekonomieë in twee sektore verdeel, naamlik sekere beslissings word aan die markmeganisme oorgelaat en ander aan sentrale beplanning. So kan die beste uit die twee stelsels dus benut word. Wanneer die twee stelsels so saam gebruik word, staan dit bekend as ‘n GEMENGDE EKONOMIESE STELSEL. In Suid-Afrika het ons ook ‘n gemengde ekonomiese stelsel, waar sommige ekonomiese funksies deur private indiwidue (private sektor) verrig word en ander funksies deur die staat en ander owerhede (die openbare sektor).

Aktiwiteit 2

LU 1.3

GEMENGDE EKONOMIESE STELSEL VAN SUID-AFRIKA

Dui in die tabel aan watter van die onderstaande funksies in die Suid-Afrikaanse ekonomie deur die private sektor voorsien word en watter deur die sentrale owerheid. Dui ook aan wat die instansies genoem word wat die dienste voorsien.

DIENS WIE VOORSIEN / BEPLAN INSTANSIE(S)
Telekommunikasie
Vervoer
Elektrisiteit
Wapentuig
Watertoevoer
Sanitasie, riool- en vullisverwydering
Mediese dienste
Veiligheidsdienste

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOPDie leerder sal in staat wees om kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die konteks van ‘die ekonomiese’ probleem te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 1.1 die historiese ontwikkeling van geld en die rol daarvan in samelewings en hul ekonomieë kan beskryf;
  • 1.2 die wyse kan bespreek waarop handel (invoer en uitvoer) die ekonomiese probleem (keuse- en geleentheidskoste) aanspreek, asook die rol van banke in belegging in die ekonomie;
  • 1.3 kan verduidelik hoe verskillende ekonomiese sisteme die ekonomiese probleem aanspreek (bv beplande, mark- en gemengde ekonomieë);
  • 1.4 die rol, regte en verantwoordelikhede van vakbonde kan bespreek; (en)
  • 1.5 kan verduidelik wat inflasie is en redes vir veranderinge in die inflasiekoerse kan bespreek.

Questions & Answers

I'm interested in biological psychology and cognitive psychology
Tanya Reply
what does preconceived mean
sammie Reply
physiological Psychology
Nwosu Reply
How can I develope my cognitive domain
Amanyire Reply
why is communication effective
Dakolo Reply
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
Wekolamo Reply
please i need answer
Wekolamo
because it helps many people around the world to understand how to interact with other people and understand them well, for example at work (job).
Manix Reply
Agreed 👍 There are many parts of our brains and behaviors, we really need to get to know. Blessings for everyone and happy Sunday!
ARC
A child is a member of community not society elucidate ?
JESSY Reply
Isn't practices worldwide, be it psychology, be it science. isn't much just a false belief of control over something the mind cannot truly comprehend?
Simon Reply
compare and contrast skinner's perspective on personality development on freud
namakula Reply
Skinner skipped the whole unconscious phenomenon and rather emphasized on classical conditioning
war
explain how nature and nurture affect the development and later the productivity of an individual.
Amesalu Reply
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
Zyryn Reply
good👍
Jonathan
and having a good philosophy of the world is like a sandwich and a peanut butter 👍
Jonathan
generally amnesi how long yrs memory loss
Kelu Reply
interpersonal relationships
Abdulfatai Reply
What would be the best educational aid(s) for gifted kids/savants?
Heidi Reply
treat them normal, if they want help then give them. that will make everyone happy
Saurabh
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask