<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Alles oor my

Module 1

Ek

So lyk ek!

Jy moet jou liggaam op pas!

Dink aan drie verskillende maniere oor hoe jy vir jou liggaam kan sorg. Teken ‘n prent by elkeen.

Alles oor my

LO 3.1

  • Kleur die liggaamsdele in wat privaat is.
  • Ek sal ....................................................... vertel as iemand aan my vat waar hulle nie mag nie.
  • Ek kan sê: “Ek moet nou huis toe gaan,” as iemand probeer om aan my te vat op ‘n manier waarop hulle nie mag nie.

Ek kan...

Ek is spesiaal! (teken)

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU 1
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.5 situasies herken waarin seksuele mishandeling kan voorkom of daartoe kan lei en ‘n persoon noem aan wie hy dit kan rapporteer.
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING:Die leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te leef om doeltreffend te reageer op uitdagings in die lewe.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 persoonlike besonderhede kan verstrek;3.2 sy eie liggaam positief kan beskryf;
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( dans ) – eie bewegingswoordeskat bou deur deel te neem aan aktiwiteite soos stap, hardloop, spring en huppel;
AARDRYKSKUNDELU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoekvaardighede gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek .
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 rigting en posisie van voorwerpe in verhouding tot self kan aandui. (links, regs, voor en agter).

Memorandum

Die eenheid is gebaseer op “Ek”. Dit handel oor alles met betrekking tot die leerder.

My liggaam

My gesin

Hierdie eenheid kan gebruik word vir die eerste deel van die eerste kwartaal in Graad 1.

Die leerders moet weet dat ons verskillend is, dat elkeen spesiaal is en dat ons elkeen ons eie talente het. Elke leerder ontdek sy eie unieke talente en moet geleer word om genoeg selfvertroue te hê. Hulle moet ook weet dat niemand volmaak is nie.

My liggaam

Gebruik ‘n groot prent of een van die leerders om aan hulle die verskillende liggaamsdele te leer. Speel “Simon sê”. So leer hulle speel-speel. Leerders teken nou die verskillende liggaamsdele (natrekprent). Bespreek slegs die basiese dele soos kop, arms, bene, ens. Praat dan later oor wenkbroue en vingernaels.

Leerders kan ‘n legkaart maak deur ‘n persoon uit ‘n tydskrif te knip en op ‘n karton te plak. Leerders knip dit dan in stukke en pak dele weer bymekaar. (Leerders kan in groepe werk en ook die legkaart uitruil met ‘n volgende groep).

Die leerders moet hulleself kan identifiseer deur byvoorbeeld naam, ouderdom, geslag, adres en telefoonnommer te ken. Voltooi werkvel.

Laat leerders die liggaamsdele wat privaat is, inkleur (werkvel). Elke leerder moet minstens drie persone kan noem wat hulle vertrou.

Deel die klas in twee groepe en laat elke groep in ‘n kring sit.

Sê vir die leerders dat elkeen van hulle iets spesiaals het – talent.

Speel ‘n balspeletjie. Die leerder wat die bal het, moet aan die ander iets spesiaals oor hom/haarself vertel. Een leerder begin en gee die bal dan na ‘n ander leerder aan.

Slegs die leerder met die bal mag praat – die ander moet luister.

Bespreek waarvoor ons ons arms, bene, hande en voete gebruik. Neem die leerders buitentoe om die volgende aktiwiteit te doen (bespreek eers die werkvel). Hulle kan ook ander interessante bewegings doen. Maak beurte om vir mekaar te wys. Ander leerders moet probeer om hulle na te boots.

Elke leerder benodig ‘n voorwerp (bal/boek/potlood). Leerders moet luister na opdragte, bv. Sit die bal aan jou linkerkant; regterkant; agter jou, ens. (Aard. 1.1).

Questions & Answers

what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask