<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 9

Bestuurs- verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede

Module 15

Die inkomstestaat en balansstaat

Aktiwiteit 1:

Om tussen ’n inkomstestaat en ’n balansstaat te kan onderskei

[LU 3.1]

Dit is belangrik dat inligting oor finansiële transaksies in ’n verstaanbare en bruikbare vorm aan die belanghebbende persone oorgedra word. Dit word deur middel van finansiële state gedoen. Die balansstaat en inkomstestaat is opsommings van die onderneming se finansiële toestand op ’n sekere tydstip.

Die finansiële verslae moet volgens Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk opgestel word om te verseker dat dit ’n redelike weergawe van die finansiële toestand is wat sodoende die nodige inligting voorsien vir goeie beplanning en besluitneming.

Die Inkomstestaat se primêre doel is om die wins of verlies wat oor ’n bepaal­de periode verkry is, weer te gee.

Die Balansstaat se primêre doel is om die finansiële toestand van ’n onder­neming op ’n bepaalde datum weer te gee.

Die Balansstaat word in die volgende afdelings verdeel:

1 . Bates – Bestaan uit Nie-Bedryfsbates en Bedryfsbates

2 . Ekwiteit en Laste – Bestaan uit Eienaarsbelang, Nie-Bedryfslaste en Bedryfslaste

  • Beskryf in jou eie woorde die verskil tussen ’n inkomstestaat en ’n balansstaat:

AKTIWITEIT 2:

Om inkomstestate vir ’n diensonderneming en handelsonderneming onderskeidelik op te stel

[LU 3.1]

  • Die volgende voorbeelde is inkomstestate van ’n diensonderneming en ’n handelsonder­neming.

Z. ZulekiHandeldrywend as XYZ Loodgieters Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2003

Lopende Inkomste 55 000
Bedryfsuitgawes (38 274)
Telefoon 3 420
Water en Elektrisiteit 5 620
Huuruitgawe 12 000
Brandstof 3 730
Skryfbehoeftes 3 680
Lone 9 824
Netto Inkomste vir die jaar 16 726

S. SolaniHandeldrywend as Solani Handelaars Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2003

Verkope 324 000
Koste van verkope (200 000)
Bruto Wins 124 000
Ander bedryfsinkomste 14 400
Huurinkomste 12 000
Rente-inkomste 2 400
Bruto Bedryfsinkomste 138 400
Bedryfsuitgawes (32 800)
Salarisse en Lone 23 000
Skryfbehoeftes 800
Versekering 2 400
Telefoon 500
Advertensiekoste 600
Rente op verband 2 500
Eiendomsbelasting 3 000
Netto Wins vir die jaar 105 600

OPDRAG 1 : Inkomstestaat van ’n Diensonderneming

  • Die rekeningkundige tydperk van Fixit Loodgieters (eienaar F. Fix) eindig jaarliks op 30 Junie. Die volgende proefbalans verskyn in sy boeke op 30 Junie 2003. Gebruik die inligting om die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2003 op te stel. (Papier sal voorsien word)

PROEFBALANS VAN FIXIT LOODGIETERS

Dt. Kt.
Balansstaatafdeling
Kapitaal B1 138 629
Onttrekkings B2 15 800
Grond en Geboue B3 100 000
Voertuie B4 28 000
Toerusting B5 12 740
Bank B6 3 963
Nominale Rekeninge-afdeling
Materiaalkoste N1 6 084
Versekering N2 531
Advertensies N3 389
Salarisse N4 12 500
Lone N5 4 715
Lopende Inkomste N6 52 871
Brandstof N7 3 186
Herstelwerk N8 917
Telefoon N9 1 008
Skryfbehoeftes N10 492
Water en Elektrisiteit N11 1 175
191 500 191 500

OPDRAG 2 : Inkomstestaat van ’n Handelsonderneming

  • Gebruik die volgende inligting en voltooi die Inkomstestaat van Hendrikse Handelaars (Eienaar: H. Hendrikse) vir die jaar geëindig 30 Junie 2003. (Papier sal voorsien word)

Questions & Answers

Explain the following terms . (1) Abiotic factors in an ecosystem
Nomai Reply
Abiotic factors are non living components of ecosystem.These include physical and chemical elements like temperature,light,water,soil,air quality and oxygen etc
Qasim
what is biology
daniel Reply
what is diffusion
Emmanuel Reply
passive process of transport of low-molecular weight material according to its concentration gradient
AI-Robot
what is production?
Catherine
Pathogens and diseases
how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is respiration
Deborah
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask