<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  1. Inligtingsbrosjures

By elke bank is daar vele kleurvolle brosjures wat die spesifieke werking van al die bank se fasiliteite verduidelik. So gee hul meer inligting oor:

OTM-veiligheid

kredietkaartbestuur

hoe om vir krediet aansoek te doen

die voordele en aard van tjekrekenings

hoe die bank jou eie besigheid kan help

hoe om jou eie finansies te beplan en te bestuur

Kyk of jy na jou plaaslike bank(e) kan gaan en versamel van hierdie brosjures.

  1. Bemarking

‘n Bank gebruik verskeie strategieë om sy diens te bemark.

  1. Teikengroepe

‘n Bank verdeel sy kliënte in verskillende groepe volgens ouderdom en belangstelling. So kry jy bv. spesiale pakkette wat aan jongmense en kleuters aangebied word.

Luister bv. na die volgende vrae en stellings wat deur ‘n finansiële instelling gemaak word:

Wees jou eie bankier op 12!

Wil jy as tiener jou eie geld kan bestuur?

Wil jy sien hoe die geld in jou rekening groei?

Vra jou ouers om jou toelae in jou Megaspaarrekening in te betaal.

Gebruik jou Megakaart vir kontantonttrekkings.

Trek eenvoudig jou kaart deur die terminaal en betaal!

Dit klink só maklik. Veral vir ‘n tiener!

Die sportmanne en -vroue word ook geteiken. So vind jy kaarte wat spesiaal vir fietsry-entoesiaste beskikbaar is, en een vir Comrades-ondersteuners. Daar is “Currie Cup” -rente vir voertuigfinansiering en vele meer.

Die bejaardes word ook geteiken. Ons kyk na ‘n spesiale plan vir begrafnisse, sowel as spesiale rentekoerse vir afgetredenes.

Versamel soveel as moontlik van hierdie soort bemarkingspamflette. Jy sal dit by banke, in die pos en media (koeverte&tydskrifte) kry. Vergelyk dit met mekaar en kyk of daar een spesifieke bank / finansiële instelling is wat jou meer beïndruk as die ander.

  1. Kompetisies

“Gebruik jou kredietkaart hierdie maand vir aankope van R2 000 of meer, en staan ‘n kans om een van die volgende fantastiese pryse te wen:

2 Mercedes C-klas

1 dubbel-eersteklas vliegkaartjie na enige wêreldbestemming.

7 dae in Mauritius vir 2.”

Klink fantasties, né!Kom ons gaan koop!

Groepwerk

Bespreek in julle groepe waarom ‘n bank juis die gebruik van kredietkaarte d.m.v. sulke kompetisies aanmoedig:

[LU 4.5]

  1. Kompetisietyd!

Deel in groepe van jul eie keuse.

Stig ‘n bank van jul eie.

Besluit op ‘n naam en logo vir jul bank.

Bemark jou bank d.m.v. brosjures, advertensies en plakkate. (Jy moet jou bank aan die publiek “verkoop”.)

Stel ‘n paneel saam om die “beste bank” in die klas aan te wys op grond van die bemarking van elke groep.

[LU 4.5]

Assessering

LU 3

Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Ons weet dit as die leerder die volgende doen :

3.3 vind uit en bespreek hoe ‘n spaarrekening by ‘n bank oopgemaak word en vul ‘n deposiito- en onttrekkingstrokie in;

3.4 bespreek die waarde daarvan om geld te spaar en spaarsaam te wees, en waarom mense in wie se basiese behoeftes nie voorsien wrd nie, dit moeilik vind om te spaar.

LU 4

ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te

ontwikkel.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 identifiseer die spesifieke entrepreneursvaardighede wat nodig is om toeriste na eie gemeenskap te lok.

4.2 ontwikkel en gebruik waarnemingsblaaie en vraelyste om ‘n behoeftebepaling in die skool of gemeenskap te doen.

Memorandum

  • Opvoeder fasiliteer. Let op na grootte van bedrae wat spandeer is. Is daar ‘n balans tussen geld ontvang en geld spandeer?
  • Stel ‘n bankstaat op met behulp van vorige voorbeeld.

Groepwerk:

  • Rente = inkomste vir bank

Questions & Answers

how did the oxygen help a human being
Achol Reply
how did the nutrition help the plants
Achol Reply
Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask