<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die definisieversameling (ook bekend as die gebied) van ’n relasie is die stel x waardes waarvoor daar te minste een y waarde bestaan. Die waardeversameling (ook bekend as die terrein) is die stel y waardes wat bepaal kan word deur ten minste een x waarde. Anders gestel, die definisieversameling is alle moontlike insette en die waardeversameling is alle moontlike uitsette.

’n Ander voorbeeld is y = 2 x . Vir enige waarde van x is daar ’n waarde vir y ; die definisieversameling is dus alle reële getalle. Maar ons weet die waarde van y = 2 x kan nooit kleiner of gelyk aan 0 wees nie. Gevolglik is die waardeversameling alle reële getalle groter of gelyk aan 0.

Daar is twee maniere om definisie- en waardeversameling van ’n funksie te beskryf, versamelingkeurdernotasie en intervalnotasie . Albei word gebruik in wiskunde en jy sal bekend moet wees met altwee.

Versamelkeurdernotasie

’n Versameling van sekere x waardes het die volgende vorm:

x : voorwaardes, nog voorwaardes

Ons lees hierdie notasie as “die stel van alle x waarvoor die voorwaardes waar is”. Byvoorbeeld, die stel van alle positiewe reële getalle kan geskryf word as { x : x R , x > 0 } en dit word gelees as “die stel van alle x waardes, waar x ’n reële getal groter as nul is.”

Intervalnotasie

Hier skryf ons ’n interval in die vorm ' laer hakie, laer getal, kommapunt, hoër getal, hoër hakie '. Ons gebruik twee tipes hakies, reghoekige hakies [ ; ] of ronde hakies ( ; ) . ’n Reghoekige hakie beteken die getal word ingesluit by die interval en ’n ronde hakie beteken die getal word uitgesluit uit die interval. Hierdie notasie kan nie gebruik word om heelgetalle in ’n interval te beskryf nie.

Indien x ’n reële getal is groter as 2 en kleiner of gelyk aan 8, is x enige getal in die interval.

( 2 ; 8 ]

Dit is duidelik dat 2 die laer getal is en 8 die hoër getal is. Die ronde hakie sluit 2 uit, omdat x groter as 2 is; die reghoekige hakie sluit 8 in, omdat x kleiner of gelyk aan 8 is.

Afsnitte met die asse

Die afsnitte is die punte waar die grafiek die asse sny. Die x -afsnitte is die punte waar die grafiek die x -as sny en die y -afsnit is die punt waar die grafiek die y -as sny.

In [link] (a), is A die y -afsnit en B, C en F is x -afsnitte.

Jy sal die afsnitte moet uitwerk. Die heel belangrikste ding om te onhou, is dat die x -afsnit by y = 0 lê en die y -afsnit by x = 0 .

Byvoorbeeld, bereken die afsnitte van y = 3 x + 5 . Vir die y -afsnit is x = 0 . Dan is die y -afsnit y i n t = 3 ( 0 ) + 5 = 5 . Vir die x -afsnit y = 0 . Dan word die x -afsnit bereken deur 0 = 3 x i n t + 5 op te los, met die antwoord x i n t = - 5 3 .

Draaipunte

Draaipunte kom net voor in grafieke van funksies waar die hoogste mag groter as 1 is. Byvoorbeeld, grafieke van die volgende funksies sal draaipunte hê:

f ( x ) = 2 x 2 - 2 g ( x ) = x 3 - 2 x 2 + x - 2 h ( x ) = 2 3 x 4 - 2

Daar is twee tipes draaipunte: ’n minimum en ’n maksimum. ’n Minimum is ’n punt op ’n grafiek waar die grafiek ophou verminder en begin vermeerder. ’n Maksimum is ’n punt op ’n grafiek waar die grafiek ophou vermeerder en begin verminder. Hierdie word geïllustreer in [link] .

(a) Minimum (b) Maksimum

In [link] (a) is E ’n maksimum draaipunt en D ’n minimum draaipunt.

Asimptote

’n Asimptoot is ’n reguit of krom lyn, wat die grafiek sal benader, maar nooit raak nie.

In [link] (b), die y -as en die lyn h is albei asimptote, omdat die grafiek die lyne benader, maar nooit raak nie.

Lyne van simmetrie

’n Grafiek weerspieël homself in ’n simmetrielyn. Hierdie lyne mag die x - en y - asse insluit. Byvoorbeeld, in [link] is die simmetrie om die y -as. Die y -as is ’n simmetrie-as, omdat die grafiek gereflekteer word in die y -as. Nie elke grafiek het ’n simmetrielyn nie.

Demonstrasie van ’n simmetrie as. Die y -as is ’n simmetrie as, omdat die grafiek weerspieël is in die is y -as.

Intervalle waar funksies vermeerder of verminder

Toe ons na draaipunte gekyk het, het ons gesien dat grafieke van ’n funksie kan begin of ophou vermeerder of verminder by ’n draaipunt. As ons na die grafiek van [link] (a) kyk, kan ons sien dat die grafiek vermeerder en verminder oor verskillende intervalle. Ons kan sien die grafiek se waarde neem af (die y -waardes verminder) van punt E tot punt D en dan vermeerder dit van punt D tot + .

Diskrete en kontinue gedrag van ’n grafiek

’n Grafiek is kontinu as daar geen spronge in die grafiek is nie. Byvoorbeeld, die grafiek in [link] (a) word beskryf as kontinu, terwyl die grafiek in [link] (b) ’n breek het by die asimptoot, wat beteken dit is diskontinu (diskreet).

Waardeversameling en definisieversameling

  1. Indien die waardeversameling van die funksie f ( x ) = 2 x + 5 (-3; 0) is. Bepaal die definisieversameling van f .
  2. As g ( x ) = - x 2 + 5 en x is tussen - 3 and 3, bepaal:
    1. die waardeversameling van g ( x )
    2. die definisieversameling van g ( x )
  3. Dui op die onderstaande grafiek die volgende aan:
    1. die x -afsnit(te)
    2. die y -afsnit(te)
    3. die deel waar die grafiek vermeerder
    4. die deel waar die grafiek verminder
  4. Dui op die onderstaande grafiek die volgende aan:
    1. die x -afsnit(te)
    2. die y -afsnit(te)
    3. die deel waar die grafiek vermeerder
    4. die deel waar die grafiek verminder

Questions & Answers

what is oxidation
Chidiebube Reply
calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask